NewsNews

19 Augustus: Merafong se coronavirus gevalle styg steeds

Die getal inwoners van die Merafong City munisipale gebied was met die nuwe coronavirus besmet is, styg steeds.

Volgens die Gauteng departmement van gesondheid is daar nou 2 739 inwoners wat positief vir die siekte getoets het.  Dit is 16 gevalle meer as gister.

Altesaam 2 320 inwoners het reeds van die siekte herstel.

Intussen is daar nou 6 705 gevalle in Mogale City, waarvan 5 301 reeds herstel het asook 3 347 gevalle in Rand West, waarvan 2 798 reeds herstel het.

Altesaam 227 pasiënte in die Wesrand is reeds aan Covid-19 dood.

Related Articles

Back to top button