Hoewel motoriste van Carletonville tot by die brug na Khutsong kan ry, word die pad ‘n ent verder deur ‘n groep oproerige inwoners versper.
Dié mense is ongelukkig oor ‘n kragonderbreking in Khutsong Uitbreiding 5.
Inwoners word gewaarsku om nie die pad te grbuik nie aangesien die ongelukkige inwoners bestuurders se voertuie met klippe gooi.
Intussen is ‘n deel van Welverdiend ook steeds sonder krag as gevolg van kabeldiefstal by die substasie in 16de Straat.