Ysige temperature kan nog tot die naweek duur waarsku die weerdiens. Die kouefront wat na verwagting Donderdag 9 Julie die land sal tref, bring swaar reën en sneeu na dele van die land waaronder die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, KwaZulu Natal en Lesotho.
Sneeu word ook op die hoogliggende gebiede op die grens tussen die Vrystaat en Mpumalanga voorspel.
Vir vandag is ‘n minimum van 7 grade en ‘n maksimum van 18 grade vir Carletonville voorspel, maar teen Saterdag kan Carletonvillers ‘n ysige -2 en 12 grade maksimum te wagte wees.
Kry dus maar die komberse reg en moenie vergeet van jou troeteldiere nie. Maak voorsiening om ook hulle warm te hou in die bibber temperature.