NewsNews

Twee verdagtes vasgetrek vir die besit van 103 kg dagga

Die polisie van Potchefstroom het Sondag, 14 Junie twee verdagtes gearresteer vir die besit van 103.1 kilogram dagga.

Die polisie van Potchefstroom het Sondag, 14 Junie twee verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van oor die 100 kilogram se dagga.

Volgens die Noordwes polisiewoordvoerder, kapt. Aafje Botma, is die geraamde straatwaarde van die dagga R250 000.

Die arrestasie het op die R54-pad (Vereeniging-/Potchefstroompad) plaasgevind. Polisielede het om 8:30 roetine patrollie gedoen toe hulle ‘n verdagte wit Volkswagen Polo opgemerk het wat die Syferfontein-grondpad verlaat en toe op die R54-pad in die rigting van Potchefstroom gery het. Die polisielede het dadelik die voertuig gevolg en dit probeer stop, maar die bestuurder het weggejaag.

Die patrollielede het die ondersteuning van die blitspatrollie ingeroep wat die voertuig gestop het net voor dit op die N12-pad (Johannesburg-/Potchefstroompad) sou draai. Nadat die voertuig gestop het, is die motor deursoek en is daar op die groot daggafonds afgekom.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem en daar is op die motor beslag geneem. Hulle sal na verwagting Woensdag, 17 Junie in die Potchefstroomse Landdroshof op aanklag vir die besit van dagga verskyn.

Die provinsiale polisiekommissaris van die Noordwes, lt.genl. Sello Kwena, het almal wat daartoe bygedra het om die verdagtes vas te keer vir hulle uitstekende werk geprys. Hy het gewaarsku dat misdadigers nie moet dink dat die vlak 3- inperkregulasies kriminele sal toelaat om te doen wat hulle wil nie en het verder gesê die polisie sal altyd waaksaam wees om diegene aanspreeklik te hou wat die wet oortree.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/74189/twee-verdagtes-vasgetrek-vir-die-besit-van-103-kg-dagga/

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button