NewsNews

Net TV-kykers vir Durban July

Geen toeskouers vir die gewilde perdewedren

Of jy perde gaan kyk het, of net die geleentheid bygewoon het om die nuutste modegiere te sien – hierdie was die geleentheid van die jaar.

Maar vanjaar sal daar nie ‘n enkele toeskouer by die Durban July wees nie. As troos sal jy die wedren darem op die TV-skerm kan volg.

Vanjaar se Durban July met ‘n totaal van R1,5 miljoen se prysgeld, sal waarskynlik in Julie of Augustus gehou word, en nie aan die begin van Julie soos dit tradisioneel gedoen is nie.

Die wedren is die eerste keer in 1897 aangebied en kon selfs ten spyte van twee wêreldoorloë gehou word.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/37595/net-tv-kykers-vir-durban-july/

Related Articles

Back to top button