NewsNews

16 Mei: SA Covid-gevalle nou 13 524

Volgens die nuwe SA Covid-19 gevalle wat gisteraand deur WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 13 524 gevalle nadat daar nog 785 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 12 739). Daar is ook 9 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 247 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 6 083 pasiënte herstel. Daar is nog 7 194 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 421 555 toetse regoor die land gedoen.

Die  Wes-Rand het volgens die nuutste beskikbare getalle nou 68 geregistreerde Covid-19 gevalle, Die gevalle is: Mogale City: 43, Rand West: 15 en Merafong: 5. Daar is ook een geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 7 798 (137 sterftes) en (2 857 wat herstel het)

Gauteng – 2 210 (24 sterftes) en (1 552 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 662 (31 sterftes) en (643 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 482 (45 sterftes) en (795 wat herstel het)

Vrystaat – 151 (6 sterftes) en (108 wat herstel het)

Mpumalanga – 67 (0 sterftes) en (44 het herstel)

Noordwes – 63 (1 sterftes) en (28 het herstel)

Limpopo – 57 (3 sterftes) en (36 wat herstel het)

Noord-Kaap – 34 (0 sterftes) en (20 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 628 821 (gister was dit 4 527 811). Tot dusver het die virus reeds 308 654 lewens geëis (gister was dit 303 438) en 1 759 702 het herstel (gister was die aantal 1 706 174). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 113 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 484 285 (vorige aantal 1 457 593) en 88 507 sterftes (vorige aantal was 86 912).
  • Spanje – 274 367 gevalle (vorige aantal was 269 520) en 27 459 sterftes.
  • Rusland  – 262 843 (vorige aantal 252 245) en 2 418 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 236 711 gevalle (vorige aantal 233 151) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 33 998.
  • Italië – 223 885 gevalle (vorige aantal 223 096) en die derde hoogste sterftesyfer van 31 610.
  • Brazil – 220 291 gevalle (vorige aantal 203 165) en 14 962 sterftes.
  • Frankryk – 179 506 gevalle (vorige aantal 178 870) en 27 529 sterftes.
  • Duitsland – 175 699 gevalle (vorige aantal 174 974) en 8 001 sterftes.
  • Turkye – 146 457 gevalle (vorige aantal 144 749) en 4 055 sterftes.
  • Iran – 116 635 gevalle (vorige aantal 114 533) en 6 902 sterftes.

 

  • * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 941 gevalle (vorige aantal 82 933) en staan reeds ‘n geruime tyd stil met 4 633 sterftes. Daar is nog net 89 aktiewe gevalle in die land). – statistiek vanaf WHO se webblad.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/62635/16-mei-sa-covid-gevalle-nou-13-524/

Related Articles

Back to top button