NewsNews

Malawïer in Meyerton in hegtenis geneem nadat hy glo dokumente vervals

Die polisie het Donderdag ’n 48-jarige Malawiër en sy 42-jarige winkelassistent by ’n internetkafee in Meyerton se sakekern in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit van vervalste identiteitsdokumente, paspoorte, polisiekaarte en ander vervalste dokumente betrap is.

Die polisie het Donderdag ’n 48-jarige Malawiër en sy 42-jarige winkelassistent by ’n internetkafee in Meyerton se sakekern in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit van vervalste identiteitsdokumente, paspoorte, polisiekaarte en ander vervalste dokumente betrap is.

Volgens kapt. Fikile Funda, ’n polisiewoordvoerder, het die polisie op 14 Mei in samewerking met die weermag en staatsdepartemente ’n teenmisdaadoperasie genaamd Operasie O Kae Molao (“Where is the rule of law?”) in die middestad gehou toe hulle op die fonds afgekom het.

“Die doel van die operasie was om te sien of mense die Covid-19-inperkingsregulasies nakom in terme van sosiale afstand, gesigmaskers en permitte van motoriste en pendelaars,” vertel Funda.

“Een van die beamptes, Kaptein Tshabalala, het inligting ontvang oor ’n  onderneming op die hoek van Fentanstraat en Lochstraat wat handel dryf as ’n ‘internetkafee’. Nadat die perseel deursoek is het ons op vervalste identiteitsdokumente, registrasiepapiere vir motors, paspoorte, matrieksertifikate, akademiese grade en sertifikate, munisipale rekenings, betaalstrokies, IRP5-belastingsvorms, motorlisensieskyfies, dokumente met die embleem van die Gautengse regering en feitlik enige dokument waarin jy kan dink afgekom,” vertel Funda.

Volgens hom was daar selfs vervalste polisiekaarte.

Volgens Funda is drie ander mense tydens die teenmisdaadoperasie in hegtenis geneem nadat hulle nie geldige dokumente aan die polisie kon verskaf nie toe hulle daarvoor gevra is nie.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/62532/malawier-in-meyerton-in-hegtenis-geneem-nadat-hy-glo-dokumente-vervals/

Related Articles

Back to top button