NewsNews

Jy mag rook net nie rookgoed koop

Die besit en gebruik van sigarette, tabak en e-sigarette nie onwettig is nie.  Slegs die handel in die produkte is onwettig. 

Netwerk24 berig dat die besit en gebruik van sigarette, tabak en e-sigarette nie onwettig is nie.

Slegs die handel in die produkte is onwettig.

Volgens Brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder,  mag geregsdienaars nie rookgoed konfiskeer sonder bewyse dat dit onwettig bekom is nie.

Volgens Netwerk24 vertel regkskenners dat mense siviele eise en selfs strafregtelike klagtes teen wetstoepassers kan indien wat sigarette onregmatig vat.

Regskenners verduidelik dat mense nie hoef te bewys waar en wanneer hy sy rookgoed gekry het nie.

‘n Senior polisiebevelvoerder verduidelik dat polisielede ‘n persoon op heterdaad sal moet betrap of ‘n baie, baie goeie redelike vermoede wat in ‘n hof sal staan he, om te glo dat dit onwettig bekom is.

 

Related Articles

Back to top button