NewsNews

Eerste Noordwes COVID-19-sterfgeval was maar 52 jaar oud

Die eerste sterfte aan COVID-19 in die Noordwes provinsie was ‘n 52 jarige man van Rustenburg wat Maandag, 11 Mei beswyk het.

Die eerste sterfte aan COVID-19 in die Noordwes provinsie was ‘n 52 jarige man van Rustenburg wat Maandag, 11 Mei dood is.  Hy het ernstige asemhalingsnood gehad en ook aan hipertensie, diabetes en kroniese obstruktiewe longsiekte gely.

Volgens die woordvoerder van Noordwes Gesondheid, Tebogo Lekgethwane, het 24 mense uit die huidige totaal van 50 wat COVID-19 opgedoen het, reeds herstel. Die getal pasiënte wat herstel het, word as volg uiteengesit: Bojanala-distrik (16); Dr. Kenneth Kaunda (5); Ngaka Modiri Molema (2), Dr. Ruth Segomotsi Mompati (1).

Die COVID-19 gevalle in Noordwes word as volg uiteengesit:

  • Bojanala-distrik (35) = Rustenburg (21) + Brits (13) + Moretele (1)
  • Dr Kenneth Kaunda-distrik (11) = Potchefstroom/Ventersdorp (4) + Klerksdorp (7)
  • Ngaka Modiri Molema-distrik (3) = Mahikeng (3)
  • Dr. Ruth Segomotsi Mompati (1) = Christiana/Bloemhof (1)

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/72815/eerste-noordwes-covid-19-sterfgeval-was-maar-52-jaar-oud/

Related Articles

Back to top button