NewsNews

Gesin se Bali-nagmerrie verby!

Leon, Stacey en hul dogter, Ashley Peacock is veilig terug in Suid-Afrika nadat hul sedert Maart in Bali gestrand was. Stacey het 6 Mei laat weet hul vlug is geboek vir Vrydag, 8 Mei. Die vlug wat elke passasier R15 000 uit die sak gejaag het, het eers die gestrandes in Bali opgetel en daarna nog ‘n groep Suid-Afrikaners in Jakarta alvorens hul Suid-Afrika toe gevlieg het.

Hul vlug, SA2289 was die heel eerste SAA vlug om ooit Bali toe te vlieg. Vir die vlugbemanning het die Peacocks net die hoogste lof en waardering. Stacey sê sy het nog nooit sulke uitstaande gasvryheid ervaar nie. Alle administrasie op die lughawe, asook die vervoer vanaf die vliegtuig na die taxi en vandaar na die hotel het seepglad verloop. “Dit was goed georganiseerd” skryf sy in ‘n e-pos aan Vaalweekblad.

Die Peacocks is nou in kwarantyn vir 14 dae alvorens hul na hul tuiste in Carletonville sal terugkeer. Stacey sê hulle word uitstekend behandel en het geen klagtes nie.

Ashley en die vlugkaptein op OR Tambo-lughawe.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Gesin se Bali-nagmerrie verby!

 

Related Articles

Back to top button