NewsNews

9 Mei: Meer as 4 mijoen Covid-19 gevalle wêreldwyd

SA se Covid-19 gevalle is nou 8 895 nadat daar gister 663 gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 8 232). Daar is ook 17 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 178 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 3 153 pasiënte herstel. Daar is nog 5 564 aktiewe gevalle waarvan 77 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 307 752 toetse regoor die land gedoen.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 4 497 (88 sterftes) en (1 122 wat herstel het)

Gauteng – 1 851 (18 sterftes) en (1 036 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 253 (42 sterftes) en (420 wat herstel het)

Oos-Kaap – 989 (21 sterftes) en (388 wat herstel het)

Vrystaat – 133 (6 sterftes) en (102 wat herstel het)

Mpumalanga – 60 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 43 (3 sterftes) en (27 wat herstel het)

Noordwes – 42 (0 sterftes) en (20 het herstel)

Noord-Kaap – 27 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou meer as 4 miljoen met 4 015 253 (gister was dit 3 917 944). Tot dusver het die virus reeds 276 269 lewens geëis (gister was dit 270 740) en 1 387 527 het herstel (gister was die aantal 1 344 260). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 322 163 (vorige aantal 1 292 850) en 78 616 sterftes (vorige aantal was 76 938).
  • Spanje – 260 117 gevalle (vorige aantal was 256 855) en 26 299 sterftes.
  • Italië – 217 185 gevalle (vorige aantal 215 858) en die derde hoogste sterftesyfer van 30 201.
  • Verenigde Koninkryk – 211 364 gevalle (vorige aantal 206 715) en die tweede hoogste sterftesyfer van 31 241.
  • Rusland  – 187 859 (vorige aantal 177 160) en 1 723 sterftes.
  • Frankryk – 176 079 gevalle (vorige aantal 174 191) en 26 230 sterftes.
  • Duitsland – 170 588 gevalle (vorige aantal 169 430) en 7 510 sterftes.
  • Brazil – 146 894 gevalle (vorige aantal 135 773) en 10 017 sterftes.
  • Turkye – 135 569 gevalle (vorige aantal 133 721) en 3 689 sterftes.
  • Iran – 104 691 gevalle (vorige aantal 103 135) en 6 541 sterftes.
  • China – 82 887 gevalle (vorige aantal 82 886) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 208 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/61911/9-mei-meer-as-4-mijoen-covid-19-gevalle-wereldwyd/

Related Articles

Back to top button