NewsNews

Nasionale Nuus: Opdatering – Boer verloor stryd vier jaar na plaasaanval

Braam Blignaut het Saterdagoggend, 5 Oktober 2019, gesterf

Vaalweekblad het onlangs berig oor Braam Blignaut, die 38-jarige boer wat in Julie 2015 op sy plaas in die Buffelsfontein-omgewing in Noordwes in die rug en onderlyf gewond is en sedertdien deur hel gegaan het.
Vyf rowers het hom, sy vrou Izulda en hul kinders die dag aangehou voordat Braam in die onderlyf geskiet is. Braam en sy gesin het na die aanval na Rustenburg verhuis en het nooit weer na die plaas teruggekeer nie.
Braam was na die voorval verlam en in ‘n rolstoel. Hy het gedurende sy behandeling ‘n supervirus in ‘n staatshospitaal opgedoen en albei sy bene moes mettertyd geamputeer word om te voorkom dat die virus versprei. Hy het Saterdagoggend, vier jaar na die aanval, gesterf.
Buiten Izulda word hy oorleef deur sy seuns, Albert (14), Braam (10), Christo (8) en Dylan (7). sowel as sy ma, mev. Gerda Steyn.

Lees Braam se verhaal (ongeredigeerd) in vorige Facebook-plasings hier onder:
**************************************

Vorige plasings oor Braam Blignaut nadat hy vier jaar gelede ernstig in ‘n plaasaanval gewond is:

Caron Viljoen het in September 2019 hierdie inligting op Facebook geplaas:

Kom mense julle kan n miljoen insamel vir n petrol joggie maar nie vir n man wat se lewe verwoes is deur n plaasaanval nie? Waar is al die organisasies, maak julle harte oop en help die gesin!

Lewe en liggaam verwoes na plaasaanval

28 Julie 2019

4jaar terug was Braam en Izulda en hulle 4 klein kindertjies se hele lewe verwoes na hulle een aand een van Suid afrika se statistieke geword het in n plaasaanval.

Braam was 3 keer in die rug geskiet wat hom verlam gelaat het in sy onderlyf. Izulda was amper verkrag en op geskiet maar nie raak geskiet nie. Die gesin moes oppak en trek. Hulle eens sorgelose lewe is vir altyd vernietig en verwoes. Dis hier waar n hele gesin se Lewe hand om keer verander het.

Behalwe vir die emosionele letsels en dat n gesonde werkende man en pa nou sy lewe in n rolstoel moes deur bring was dit net die begin van Braam en Izulda se probleme. Braam is terwyl hy in ICU gele het afbetaal by die myn waar hy gewerk het. En Izulda moet 24 uur n dag na Braam omsien so sy kan nie werk nie. 2 jaar terug het Braam n virus met die naam osteomyelitis opgetel vermoedlik in die hospitaal. Die virus is n klomp doodlike viruse Al’s in een. Dit het Braam se heup begin op eet van binne af. Die virus teer op jou bene hy eet stukkies been af tot die hele heup area verwyder moet word. Daar is geen behandeling vir osteomyelitis nie behalwe on ledemate te amputeer. Dokters het dus geen keuse gehad as om Braam se been bo by die heup te verwyder nie. Braam dra van hier af ook n  kolostomie-sakkie wat daagliks vervang moet word 1 tot 4 keer n dag. Braam is huis toe gestuur en het toe infeksie in die wond gekry waar Izulda weke en maande gesukkel het om die wond gesond te kry. Net meer as n maand terug is Braam se ander been ook verwyder aangesien die virus nou in sy ander heup ook was en na sy pelvis verkuif het. Al oplosing was om die hele pelvis te verwyder wat beteken Braam sal nooit weer kan sit nie hy sal net kan lê. Sodra hy gaan sit gaan die drukking te veel vir sy organe en derms wees. Braam sukkel nou al vir 4 dae met koors van 40 tot 42 – hy gooi heeltyd op. Braam het oop sere en gistraand is nog n gat gevind waar jy jou duim kan weg druk. Braam is bitter siek en moet terug hospitaal toe. Volgens bloedtoetse het hy sepses – hy is ook immuun teen antibiotika

Hierdie gesin moet eet, hulle moet water en krag betaal – daar is mediese omkoste aangesien Braam geen medies het nie. Daar is 4 seuns op skool wat skool benodigdhede nodig het. Daar moet klere gekoop word. Daagliks benodigdhede en die lys gaan aan.

Honderde mense het die gesin al besoek met beloftes van hulp. Van daai beloftes het niks van gekom nie.

N rukkie terug is daar oor n MILJOEN RAND ingesamel vir n petrol joggie. Mense orals het geld gegee. Nou vra ek WAAROM kan ons nie hierdie gesin help nie. Braam het nie gevra om geskiet te word en verlam agtergelaat te word nie. Hierdie man se lewe is meer as net verwoes van n eens gesonde mens is daar nou letterlik net n stukkie mens oor.

Kom ons reik uit na een van ons mense. Ons volk kan dit doen vir ander maar waarom nie ook vir die gesin.

21/09/2019

Braam was 7 weke in JST staatshospitaal waarna hy huis toe gestuur is. Medies gesproke kan hulle niks meer vir Braam doen nie. Braam is terminaal verklaar. In die hospitaal was Braam teater toe waar hy geopereer is waar Dokters wou sien wat die skade aan Braam se liggaam binne is. Dokters het gevind dat die virus reeds groot skade in Braam se liggaam aangerig het. Braam se pelvis en sit been is deur die virus so aangetas dat n harde stamp van onder af sy pelvis heeltemal sal laat breek. Die wond se vel is te dun om steke in te sit en n septiese wond kan nie met steke toegemaak word nie. Braam se hele liggaam is vol Sepsis ens. Braam is slegs met Pille wat hy al reeds lank drink huis toe gestuur. Die pille help glad nie meer vir sy pyn nie. Donderdag is daar besluit dat Braam nou Morfien nodig het om hom pynvry te maak. Al wat ons nou vir Braam kan doen is om sy pyn te beheer en hom gemaklik te hou in sy eie bed by die huis saam met Izulda en die 4 seuns. Saam met die Morfien het ons dan nou n nuwe probleem en dit is dat die Morfien stroop R400 n bottel kos waarvan hy 10ml elke 2 tot 3 ure kry. Ons het reeds die eerste bottel gekoop Vrydag. En darem help dit die pyn beheer.

Braam gaan moet oor gaan na Ampules wat deur n suster by die huis toegedien gaan word teen tussen R50 en n R100 per dag afhangend van hoeveel Morfiem Braam gaan nodig hê –  dit gaan tussen R1550 en R3100 per maand kos. Daar is geen fondse wat tans inkom nie. Nie eers in die Buddy fund nie.

Dit gaan baie sleg met Braam van Donderdag af. Daar is bloed in sy katetersak. Maagweefsel word afgeskei in sy kolostomiesak. Hy gooi bloed op. Hy kan bitter min vloeistof of kos binne hou.

Daar is nog n paar goed wat die gesin nodig het in die tyd.

Dan kort ons enige kos

Braam moet doeke kry

Braam moet spesiale pleisters kry vir sy wonde.

ASB EK VRA JULLE OM BRAAM IN SY TYD VAN NOOD TE HELP OM PYNVRY TE WEES. NIEMAND MOET SOVEEL PYN Hê NIE.

KONTAK MY ASB 0825668791

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button