CommunityLocal newsNewsNews

Amy’Leigh was Tharina se Plan C

Amy'Leigh was Tharina se Plan C

Jannie du Plessis (Vaalweekblad)

VANDERBIJLPARK. – Die Sondagaand voor Amy’Leigh die Maandagoggend 2 September ontvoer is, het die meesterbrein agter die ontvoering besluit dat haar gewese vriendin se dogtertjie, die teiken gaan wees.

Tharina Human (27), was glo onder druk van ‘n Nigeriese dwelmhandelaar wat haar eie kind sou ontvoer. Sy het klaarblyklik geld geskuld het en wat heel waarskynlik gelei het tot die plan om Amy’Leigh de Jager (6) te ontvoer.

Human en haar mede beskuldigdes,  Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) het vanoggend in die landdroshof op Vanderbijlpark verskyn vir hul borgaansoeke en feitlik die hele dag kop onderstebo gesit. Al drie staan tereg op die klag van ontvoering en afpersing. Human word nou deur prokureur David May verteenwoordig.

Die hof verrigtinge was egter weer vertraag deur ‘n aansoek van twee media huise wat die hof versoek het om die verrigtinge lewendig uit te saai. Die aansoek is deur advokaat Michael Laws voor die hof gebring. Die aansoek is later deur Landdros Hussein Khota toegestaan. Ander media kon net voor en na die verrigtinge foto’s en videos neem.

Die borgverhoor het begin met konstabel Clayton Motloung, ondersoekbeampte in die saak. Hy wou egter nie op die lewendige beeld uitsending verskyn nie en het aangedring dat net audio opgeneem moet word. Hy het aan die hof vertel dat Nel is eerste gearresteer na sy aan die polisie erken het dat sy betrokke was. Daarna is sy saam met die polisie na Human se huis en Pieter is laaste gearresteer waar Nel Pieter se die kleinhoewe aan die polisie uitgewys het.

Human se plan was aanvanklik om haar self te laat ontvoer en dat haar familie dan ‘n losprys moes betaal. Die Plan B was egter dat ‘n familielid van Nel sou ontvoer word maar die aand voor die ontvoering is besluit op Amy’Leigh. Volgens Motloung was die vierde persoon ‘n werker op die kleinhoewe van Pieter maar het intussen verdwyn en die polisie soek steeds na hom. Motloung het in die hof vertel dat die werker die een was wat eerste Amy’Leigh se boetie gegryp het, hom toe gelos het en toe vir Amy’Leigh gegryp het voordat hy haar in die Wit Toyota Fortuner, wat klaarblyklik aan Nel behoort, ingelaai het en weggejaag het. Pieter was waarskynlik die bestuurder van die voertuig. Motloung vertel aan die hof dat net drie minute nadat Amy’Leigh ontvoer is, het Nel ‘n oproep van Human ontvang. Die oproep het 40 sekondes geduur.

Die arrestasies is gedoen nadat selfoon tegnologie hulle opgespoor het. Verskeie forensies bewyse is nog nie beskikbaar nie en sal later by die verhoor beskikbaar wees.

David May het later met sy kruisondervraging begin. Motloung die heeltyd bly benadruk dat dit ‘n ernstige misdryf is en dat Human nie borg moet kry nie. May het egter aan hom gestel dat hy die “blaas” die storie “op”. May het aangevoer dat selfs moordenaars borg ontvang en dat Human geen vlug risiko is nie.

Teen 15:30 is die hof verdaag en die verrigtinge uitgestel na môre Vrydag 19 September aangesien die Nel en Human betyds by Johannesburg Sentrale Gevangenis (‘Sun City’) moet wees. May sal môre sy kruisverhoor afsluit waarna beskuldigde 2 en 3 se regsverteenwoordigers sal kruis ondervra.

                  FOTO GALLERY: JANNIE DU PLESSIS

 

Lees ook: Drie gearresteer vir Amy’Leigh se ontvoering

Amy’Leigh steeds nie gevind – ‘n ooggetuie vertel

‘n Juffrou en twee beskuldigdes verskyn Maandag in die hof na Amy-Leigh ontvoering

[OPDATERING] – Hof besluit Donderdag oor borg vir Amy’Leigh se ontvoerders

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button