CommunityNewsNewsPhoto Galleries

‘Memory Box’ Kunswerkswinkel – skep kuns uit sentimentele goedjies

‘n Kunswerkswinkel wat jou leer om ‘n kunswerk te skep uit al jou sentimentele goed wat jy met die tyd opgegaar het.

Is jy iemand wat snuisterye versamel – daardie linte, doilies, foto’s, sepies, kaartjies, tekeninge, briefies, parfuumbotteltjies, knopies, klippies, skulpies, boksies waaraan jy sentimentele waarde heg en nie kan weggooi nie?
Dan is die “Memory box-werkswinkel” op Vrouedag, 9 Augustus net vir jou, want al hierdie goedjies en dingetjies word gebruik om ‘n collage te skep.

Die aanbieder van die werkswinkel, Jana van Schalkwyk, het verlede jaar ‘n meestersgraad in beeldende kuns aan die Univerisiteit van Johannesburg voltooi. Sy het gevonde objekte gebruik om collage kunswerke vir haar finale uitstalling te skep en sy wys ons hoe dit professioneel gedoen word.

Die werkswinkel word in samewerking met die Potchefstroom Kunsvereniging van 10:00 tot 14:00 by die Snowflake-gebou aangebied. Kursusgangers word versoek om ‘n boks met ‘n verskeidenheid objekte na die werkswinkel saam te bring. Dit moet verkieslik voorwerpe wees wat ‘n spesiale herinnering of ‘n emosionele gevoel wek, maar hou ook kleur en vorm in gedagte. Hierdie voorwerpe sal op ‘n harde oppervlakte geplak word. ‘n Volledige lys van kunsmateriaal sal met die inskrywing aan kursusgangers gestuur word.

Die koste van die program is R50 vir lede van die Potchefstroom Kunsvereniging en R100 vir nie-lede. ‘n Ligte middagete word ingesluit.

Inskrywingsvorms kan by potchkuns@gmail.com aangevra word. Alle inskrywings sluit Woensdag, 7 Augustus.

Related Articles

Back to top button