NewsNews

Vrou se liggaam in riool mangat gevind

Vrou se liggaam in mangat gevind

VANDERBIJLPARK. – Die liggaam van ‘n vrou is gister Woensdagmiddag, 31 Julie deur werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gevind nadat hulle klagtes ontvang het van ‘n verstopte drein.

Die liggaam van die jong vrou in haar twintigs het onder in ‘n mangat gelê langs die R57, langs die heinings van die huise in die CW6 woongebied. Die liggaam is klaarblyklik net daar kop eerste ingegooi.

Die Vanderbijlpark polisie, Sedibeng Watervleul, Gauteng EMS ambulansdiens, forensies deskundiges van Vereeniging en Emfuleni verkeer was op die toneel. Lede van die Sedibeng Watervleul het die liggaam uit die mangat verwyder waarna die forensies deskundige die toneel ondersoek en gefotografeer het.

Die vrou is geklee in ‘n blou jean en T-hemp met tekkies. Haar liggaam was in die begin stadium van ontbinding.

Op die stadium is die oorsaak van die vrou se dood onbekend en sal na die nadoodse ondersoek bekend gemaak word.

Related Articles

Back to top button