NewsNews

Paramedikus se voertuig vat vlam by toneel

Die reaksievoertuig van ‘n paramedikus van ER24 het vanoggend in vlamme uitgebars terwyl hy by ‘n ongelukstoneel op die R510 tussen Potchefstroom en Carletonville geparkeer was.

Die reaksievoertuig van ‘n paramedikus van ER24 het vanoggend in vlamme uitgebars terwyl hy by ‘n ongelukstoneel op die R510 tussen Potchefstroom en Carletonville geparkeer was.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het die paramedikus gesien hoe rook onder die enjinklap van die voertuig uitkom. Dit het skielik vlam gevat.

Hy het die brandblusser agter uit die voertuig gehaal en probeer om die vlamme te blus, maar was nie suksesvol nie.

Ander ER24 paramedici het na die toneel gekom om die paramedikus te help. Hy het matige rookinaseming opgedoen maar het gelukkig geen ernstige beserings nie.

Hy is na Mediclinic Potchefstroom geneem vir behandeling.

Related Articles

Back to top button