NewsNewsSportSport

Anellé doen dit weer

Fochville se ster-danser, Anellé Arbuckle, het die afgelope vakansie meer prestasies as baie ander mense in ‘n leeftyd bereik.

Anellé het op 29 Junie en 1 Julie aan die IFAA Dance Grand Prix and Solo danskampioenskappe in Windhoek en Swakopmund in Namibië deelgeneem.
Sy het by albei die kompetisies eerste gekom in al haar dansstyle in die afdeling vir dansers tussen 15 en 18 jaar oud.
Anellé het altesaam 15 trofeë in die afdelings vir dansers van drie tot 19 jaar asook sewe spesiale toekennings gewen, en het 20 goue medaljes na Suid-Afrika teruggebring.
Sy is ook gekies om die land volgende jaar in al 10 haar dansstyle in Barcelona in Spanje te gaan verteenwoordig. Sy het ook internasionale kleure in al 10 dansstyle, naamlik Hip hop, kontemporêre dans, Jazz, modern dans, “Lyrical”, “Musical Theatre”, ope, “Show Modelling”, aanddrag en “cheerleading” ontvang.
Dié prestasies was egter nie al nie, aangesien Anellé ook van 12 tot 22 Junie aan die wêreld grand prix in Bologna in Italië deelgeneem het.
“Daar was 106 danse, waarvan net 25 trofeë gewen kon word. Anellé wat deel was van die SA span wat drie trofeë teruggebring het huis toe. Hulle ‘n ‘n eerste plek in die
“fusion”, ‘n tweede plek in Hip Hop en ‘n derde plek in die kontemporêre dans gekry,” sê haar ma, Lazelle.
Dansers van lande soos Brasilië, Kanada, Engeland, Estonië, Finland, Kazakhstan, Italië, Mexico, die Philippyne, Singapore, Swede en die VSA het ook deelgeneem.
“Ons wil graag vir AngloGold Ashanti, Marius Steenkamp, Janine Visser, Wimpie von Abo, Sara Mazwi en Kate Dlamini bedank vir die geld wat hulle Anellé mee geborg het om Suid-Afrika in Nambië te verteenwoordig. Dit was definitief geld vir ‘n goeie doel en was goed aangewend,” sê haar ma.

Related Articles

Back to top button