NewsNewsSportSport

Jong gimnastiek-afrigter mik na groot hoogtes

Al is hy net 19 jaar oud, is JJ Strydom van Fochville reeds vir jare aan die gang om kinders van die omgewing touwys te maak in gimnastiek.

Dié student-onderwyser van Laerskool Losberg het reeds op 15-jarige ouderdom begin om lesse in dié sport aan te bied.
Hoewel hy nie self as kind gimnastiek kon doen nie, het ‘n vorige afrigter van die dorp, me. Erica Newberry, hom onder haar vlerk geneem toe hy by haar om hulp gaan aanklop het. Hoewel hy nie as hoërskoolleerling gimnastiek kon neem nie, het sy JJ se talent raakgesien en hom as afrigter begin oplei, ‘n taak wat hy sedert dié tyd uitstekend verrig het.
JJ het sedert dié tyd onder meer vir Marli Theron, ‘n jong gimnas van die dorp wat tot zone-vlak teen gimnaste van regoor die land presteer en tot die top tien gevorder het, afgerig. Hy is ook gekies om vanjaar ‘n beoordelaar in gimnastiek te wees.
JJ het onlangs nóg ‘n prestasie bereik toe hy in samewerking met die nasionale afrigter, Louis Fourie, ‘n tak van Fourie se Tuks Gymnastics-afrigtingskool op Focville geopen het. Dit sal jong gimnaste vir die eerste keer die kans gee om tot internasionale vlak in dié sportsoort te kan vorder.

Related Articles

Back to top button