NewsNews

Rowers dreig man met vuurwapens

Twee mans en ‘n vrou het Saterdag, 15 Junie ‘n man in Potchefstroom met vuurwapens gedreig, hom in hul bakkie gegooi en hom van sy selfoon beroof.

Twee mans en ‘n vrou het Saterdag, 15 Junie ‘n man met vuurwapens gedreig, hom in hul bakkie gegooi en hom van sy selfoon beroof.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man Saterdagoggend in Wolmaransstraat geloop toe ‘n grys Nissan bakkie met drie insittendes naby hom stilhou.

Binne die bakkie was ‘n vrou en twee mans. Die mans het elk ‘n vuurwapen gehad waarmee hulle hom gedreig het terwyl hulle sy selfoon geëis het. Hy het geweier waarna die mans hom in die bakkie in forseer het.

Hulle het sy selfoon by hom gevat en hom by die poskantoor afgelaai waarna hulle gevlug het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Related Articles

Back to top button