NewsNewsSportSport

Carletonville Rugbyklub wys wéér hul staal

Carletonville se enigste rugbyklub het weer Saterdag opponente op hul tuisved in die stof laat byt.

Dié dorp se tuisspan het net na 16:00 teen die Southern Knights uitgedraf.
Hoewel die opponente met goeie verdiging probeer terugveg het, het Carletonville hulle steeds met ‘n telling van 33 – 0 uit die water geblaas.
Mathew Gloag het twee drieë gedruk terwyl Zenen Naude, Nicholas Setang en Riaan Viljoen ook elk met ‘n drie geslaag het.
Ruan de Koker het vier van die vyf doelskoppe na die tuisspan se kant toe gekom het, oor die pale gesit.
Volgens die klub se organiseerder, Barney de Koker, moes die wedstryd egter 12 minute voor die einde as gevolg van ‘n onderonsie tussen die Southern Knights se afrigter en die skeidsregter gestop word.
Hoewel Carletonville Vrydagaand teen Soweto sou speel, het laasgenoemde span uit die liga onttrek.
“Ons speel eers weer op 21 Junie in ons eerste wedstryd van die tweede been van die liga. Ons beplan om voor dié tyd in vriendskaplike wedstryde te speel om ons manne voor die tweede been, wanneer die liga eintlik gaan begin, aan die gang te hou,” sê De Koker.
Carletonville het die eerste been goed afgesluit aangesien hulle eerste in Poel 2 is.
Die spanne wat in Poel 1 deurdring, en waarteen volgende gespeel gaan word, sluit die verdedigende kampioen van die afgelope twee jaar, die Tshuma Stingers, in.
Carletonville gaan ook in ‘n historiese kragmeting teen die Rams van Fochville moe uitdraf. Ander spanne wat ook deurdring, sluit die Germiston Simmers en Hartbeespoort in.

Related Articles

Back to top button