NewsNewsSportSport

Carletonville Rugbyklub draf Vrydag op tuisveld uit

Carletonville se nuwe rugbyklub nooi alle besoekers uit om hul Vrydag op hul tuisveld te kom ondersteun.

Volgens die klub se organiseerder, Barney de Koker, gaan die span in hul derde ligawedstryd van die Goue Leeus rugby-unie se senior Grand Challenge-liga uitdraf.
Die wedstryd vind die aand om 19:30 op Hoërskool Carletonville se rugbyveld plaas.
“Ons het sover al ons wedstryde gewen. Ons eerste wedstryd was teen Kagiso Stingers tuis, waar ons gewen het.
Ons het in ons tweede wedstryd teen Eldorado Park gespeel en met 36 – 26 gewen,” sê De Koker.
Hy nooi almal uit om die tuisspan te kom ondersteun. Carletonville Rugbyklub sal op 25 Mei weer tuis speel wanneer hulle teen die Southern Knights te staan gaan kom. Hulle sal die eerste rondte van die liga met ‘n wedstryd teen die Soweto Stingers afsluit.
Dié wedstryd sal in Soweto beslis word.

Related Articles

Back to top button