NewsNews

Driehoek se verbeterde brug is voltooi

Driehoek se verbeterde brug is voltooi

Vanderbijlpark – Na sowat twee en ‘n halwe maand se skoolgaan in tente, sal die Hoekie-leerlinge waarskynlik die week na hul klaskamers kan terugkeer.

Na die tragedie op 1 Februarie by die skool, toe die betonbrug inmekaar getuimel het en die lewe van vier leerlinge ge-eis het, is die skoolgeboue onveilig verklaar. Daar is egter intussen hard gewerskaf om ‘n nuwe, verbeterde loopbrug te bou asook om die geboue veilig te laat verklaar. Daar is oor die naweek nog aan die brug gewerk, maar Maandag was die brug voltooi.

Volgens ‘n omsendbrief aan leerlinge en ouers, moet daar nou ‘n paar inspeksies volg en sodra die amptelike goedkeuring ontvang is, kan daar na die klasse teruggekeer word.

Volgens van die onderwysers is die brug “baie sterk en veilig” en het hulle reeds daaroor geloop.

Van die leerlinge wat kort na die tragedie gesê het dat hulle nooit weer die brug sal gebruik, of daaronder sal deurloop nie, het ook reeds meer berusting gekry nadat hulle gesien het hoe die nuwe, verbeterde brug opgerig word.

Die nuwe brug het glo die bynaam “die hoenderhok” onder leerlinge gekry.

Die amptelike opening van die brug en skool sal egter eers op 23 April plaasvind.

 

Related Articles

Back to top button