NewsNewsSportSport

Hoërskool Fochville weer die Interhoër wenners

Hoërskool Fochville het sy segetog as top atletiekskool voortgesit toe die skool weer verlede Vrydag as wenners van die jaarlikse Interhoër aangewys is.

Fochies was die atletiek-wenners, terwyl Hoërskool Westonaria met die sangbeker weggestap het.
Hoërskool Fochville se atlete het ook baie toekennings ingepalm.
Ida Oeloefse was die senior Victrix Ludorum, terwyl Noel Lancaster met die toekenning as senior Victor Ludorum weggestap het. Chrizelda Botts was die junior Victrix Ludorum en Neo Moloantoa die junior Victor Ludorum.
Die beste atlete in elke ouderdomsgroep was in die o.14s, Marolize Pieterse (meisie) en D. Swart (seun), in die o.15s Bongiwe Vetezo (meisie) en Neo Moloantoa (seun), by die o.16s Chrizelda Botts (meisie) en X. Mokoto (seun), by die o.17s Ida Oelofse (meisie) en Arno du Plooy (seun) en by die o.19s Franzelle Cato (meisie) en Noel Lancaster (seun).
Die top 10 seunsatlete tydens die byeenkoms was Stefan van der Merwe, Arno du Plooy, CJ Nortman, K. du Plessis, Neo Moloantoa, Franco Pienaar, J. Kendall, Tristan Leggat, N. van der Walt en Noel Lancaster.
Die top 10 meisiesatlete is Michelle Dercksen, Marilize Pieterse, Danielle Oelofse, Hannah Nefdt, Dianicia Gendenhuys, Ashley Marais, Grizelda Botts, Shondré Simon, Aneske Olivier en Kaili van Staden.
Die toekennings vir die beste atlete in die velditems het aan Marolize Pieterse (junior meisie), Algar Guy (junior seun), Ida Oeloefse (senior meisie) en A. Claassen (senior seun) gegaan.

Related Articles

Back to top button