NewsNews

Water stroom voor hospitaal verby

Inwoners van Fochville was die afgelope twee weke baie bekommerd oor ‘n groot hoeveelheid water wat uit ‘n lek in Derdestraat gestroom het.

Volgens ‘n raadslid van die omgewing, me. Annett Venter, het water Vrydag uit die sypaadjie by 3de Straat 20 begin stroom. Verskeie ander waterlekke het al vantevore by dié pyp voorgekom.
Hoewel Venter dadelik die lek aangemeld het, het water steeds teen Dinsdag uit die lek gestroom.
“Ek is so kwaad. Dit is duisende liters water wat vermors word,” kla Venter. Die Herald het die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit oor die lek gekontak. Volgens ‘n munisipale woordvoerder is die toerusting wat nodig is om die lek te herstel, stukkend en sal die werk gedoen word sodra dit herstel is.

Die lek is uiteindellik Maandag herstel.

Related Articles

Back to top button