NewsNews

Fochville Vullisterrein ‘n gesondheidsgevaar

Die vullisterrein op Fochville is besig om net ‘n al groter kopseer vir inwoners te word.

Volgens ‘n raadslid van die dorp, me. Annett Venter, het sy onlangs klagtes ontvang dat daar dalk mediese afval op die terrein gestort mag wees. Die Herald het Maandag egter saam met Venter gegaan toe sy ondersoek op te terrein gaan instel het.Die vullisterrein is egter op dié tystip só ‘n gemors dat, al was daar klein hoeveelhede mediese afval, dit nie sommer tussen al die ander rommel gesien sal kan word nie. Die toestand by die terrein het al so versleg dat daar Maandag gemors soos gebruikte weggooidoeke tot net onder die ingang na die Fochville verkeerskantore gelê het.
‘n Deel van die beton-palissade by die vullisterrein se ingang het al omgeval en daar is ook ‘n groot gat in die heining aan die kant van die terrein. Ten tye van die besoek was daar geen werkers binne die terrein wat met herwinning besig was nie.
Dosyne mense wat op rommel buite die terrein woon, was agter besig om deur die gemors wat buite die terrein gestort is, te grawe. Veral plastieksakke het vir bykans ‘n kilometer rondom die terrein gelê. Die pad na die terrein was ook steeds met rommel gesaai.
“Dié plek is verseker ‘n gesondheidsgevaar,” het Venter gekla. Die Herald het die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit Dinsdag gevra wat gedoen gaan word om die probleme by die vullisterrein op te los.
Volgens die munisipaliteit is hulle reeds die afgelope week besig om spesifiek aan die probleme op die terrein aandag te gee. Personeel maak plekke waar rommel onwettig gestrooi is skoon, terwyl ‘n aksie begin is om mense wat onwettig rommel strooi, te beboet.

Related Articles

Back to top button