NewsNews

Ongeveer 200 selfmoord pogings vanjaar in Potchefstroom

Volgens statistiek van die Noordwes departement van gesondheid was daar teen Augustus vanjaar reeds 197 pogings tot selfmoord in Potchefstroom.

Volgens statistiek van die Noordwes departement van gesondheid was daar teen Augustus vanjaar reeds 197 pogings tot selfmoord in Potchefstroom.

Daarvolgens is 17 uit die 26 selfmoordpogings in Augustus deur mense jonger as 30.

In Suid–Afrika word daar 230 pogings per dag aangemeld.

Dit is teen dié agtergrond dat Anri Engelbrecht, ‘n finalejaar maatskaplikewerker-student, met die ondersteuning van Witrand hospitaal en PUKfm op 10 Oktober ‘n ‘Depression Walk and Talk’ gehou.

‘n Groep studente het vanaf die ingenieurskampus tot by PUKfm se kantoor gestap waar Engelbrecht  studente meer bewus wou maak oor die tekens van depressie.

Volgens Dr. Rudolf Pretorius, van Witrand hospitaal moet daar na depressie as ‘n siekte gekyk word.

Volgens hom is daar sekere simptome om voor uit te kyk wanneer daar vermoed word dat iemand depressie het.

“Die maklikste simptoom om raak te sien is as iemand oor ‘n lang periodeongelukkig is en maklik huil. Depressie kom egter nie net met gevoelens van ongelukkigheid nie. Soms wys mense glad nie dat hulle ongelukkig is nie, maar is net meer geirriteerd of word maklik kwaad,” vertel hy.

Volgens Pretorius is nog ‘n belangrike teken wanneer iemand hulself onttrek van aktiwiteite wat hulle altyd geniet het.

Engelbrecht sê daar is ‘n paar dinge wat mens kan doen as daar tekens van depressie by iemand opgemerk word.

“Die belangrikste is ondersteuning aan die persoon, want mense met depressie voel baie eensaam, sê sy.

Volgens Pretorius is oefening en ‘n gesonde dieet ‘n baie goeie manier om depressie te voorkom.

“Dit werk as ‘n ongelooflike goeie ‘reset’ op mens se brein. Na ‘n goeie oefensessie ‘reset’ jou brein se wanbalanse tot ‘n groot mate”, sê hy.

Verskeie dokters en sielkundiges van Witrand hospitaal het op 10 Oktober met studente oor depressie gesels.

Related Articles

Back to top button