NewsNewsSportSport

El Shaddai se ruiters wys weer hul staal

Die ruiters van die El Shaddai perdryklub op Carletonville het weer tydens ‘n nasionale kompetisie presteer.

Verskeie van dié klub se sterre het op 2 en 3 Oktober aan SANESA (die Suid-Afrikaanse nasionale skole perdry-assosiasie) se nasionale kampioenskappe op Parys deelgeneem.
Een van die klub se bekende presteerders, Waldo Taylor, het met die prys as algehele seniorwenner weggestap. Hy het dié prestasie bereik na hy al sy klasse op vlak 7 gery het en verskeie eersteplekke ingepalm het.
Hy het met Tango in the Wind ‘n eerste plek vir die 5 gang performance asook ‘n eerste plek in die ruiterkuns ingepalm. Hy het dan ook ‘n eersteplek met Cloverleaf True Believer in die 3 gang performance en ‘n eerste plek in die driegang ruiterkuns met Daybreak My Time gewen.
Katee-lee Oelofse het in al haar klasse op vlak 4 gery en het op King’s Messenger ‘n vyfde plek in die driegang performance asook ‘n tweede plek in die driegang ruiterkuns gewen.
Bronwyn Edwards, wat ook op vlak vier gery het, het ‘n vierde plek in die driegang performance asook ‘n vierdeplek in die driegang ruiterkuns op haar perd Bold Spirit gekry.
Blanchè Kruger het met haar perd Surprice Knight aan die in hand stap klas deelgeneem waar sy uit nege deelnemers met ‘n vierde plek weggestap het. Blanchè was ook die wenner van ‘n gelukkige trekking en ‘n dubbel toom gewen.
Nóg ‘n klublid, Christelle Kietzmann, het aan die Level 2 stap draf klasse deelgeneem. Sy het op 2 Oktober aan uitdunne deelgeneem en na die finale rondte deurgedring waar sy met Clover Leaf True Believer in die performance ‘n sesde plek gekry het. Sy het ook met Funny Girl aan die stap draf ruiterkuns-klas deelgeneem.
AJ Coertzen het op sy beurt aan die level 1 stap draf klasse deelgeneem waar hulle ook uitdunne moes ry vir performance en ruiterkuns. Hy het met sy perd King’s Messenger deurgedring na die finale vir die level 1 performance en het ‘n agtste plek verower. Jereeca Moss het ook aan die level 1 stap draf klasse deelgeneem en het met Funny Girl deurgedring na die finale vir performance en ruiterkuns waar sy onderskeidelik ‘n negende en 12 de plek gekry het.
Die klub se jongste ruiter, die vierjarige Hannah-Mari van Wyk, het met haar perd, My Pasella, aan die uitdunrondtes deelgeneem. Sy het ook aan die in hand stap-klas deelgeneem waar sy ‘n sesde plek gekry het.

Related Articles

Back to top button