NewsNews

Drie boere vermoor ‘n dag na #SwartMaandag

Drie boere in Suid-Afrika is ‘n dag na #SwartMaandag vermoor, terwyl ‘n 73-jarige man op #SwartMaandag ‘n gru-dood gesterf het.

Duisende mense het aan die #SwartMaandag-optog regoor die land deelgeneem om op te staan vir die sinnelose moord op ons land se boere.

Terwyl almal nog foto’s van optogte op sosiale media gedeel het en nuusberigte gelees het, is drie boere sommer op een dag vermoor.

  • Mnr. Barry Baars (55) se liggaam is gister oggend omstreeks 09:00 op ‘n wildsplaas, tussen Fickburg en Rosendag in die Vrystaat, deur plaaswerkers gevind.
  • Mnr. Willie Barnard (57) is omstreeks 12:30 op ‘n plaas buite Fochville doodgeskiet. Hy en een van sy plaaswerkers was besig om ‘n heining reg te maak toe twee verdagtes vir water kom vra het. Terwyl die plaaswerker water gaan haal het, is mnr. Barnard geskiet. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem.
  • Mnr. Willem van der Westhuizen is tussen 14:00 en 15:00 deur een van sy plaaswerkers geskiet na hulle glo ‘n woordewisseling gehad het. Hy het naby Griekwastad in die Noord-Kaap geboer.

Mnr. Bokkie Potgieter (73) is op #SwartMaandag (30 Oktober) doodgekap in sy bakkie, naby sy plaas in Vryheid gevind. Hy het egter nie geboer nie, maar het op ‘n plaas gewoon.

Joe Scholtz, voorsitter van die Griekwastad-Agri-Hay-boerevereniging het gesê: “Ons soek almal vrede in die land en dan gebeur dit. Ons wil voedsel produseer vir die land en voedselsekerheid verseker. Ons wil nie Cowboys en Crooks speel nie.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button