NewsNews

Vullis uit asblikke gehaal, in oop veld verbrand

Inwoners van Fochville is warm onder die kraag oor ‘n nuwe probleem wat die afgelope tyd begin posvat het.

Inwoners van Fochville is warm onder die kraag oor ‘n nuwe probleem wat die afgelope tyd begin posvat het.
Volgens ‘n raadslid van die dorp, me. Annett Venter, het inwoners wat naby die hoek van Kerk- en Garsstraat woon,
haar Maandagoggend hoogs ontstoke gekontak.
Vroegoggend, nog voor die munisipale vullistrok inwoners se gemors kan kom oplaai, is daar ‘n groep mans wat
in vullisblikke in dié omgewing grawe.
Hulle haal dan die swart sakke met huishoudelike vullis uit en neem dit na die oop erf op die hoek van dié twee
strate. Hier word die gemors uitgegooi, terwyl die mans kyk of daar iets is wat hulle kan gebruik. Dit was nie bruikbaar is nie, word summier aan die brand gesteek.
Een van die inwoners, me. Veronica Botha, het aan Venter vertel dat dié probleem twee keer ‘n week, op Maandae
wanneer Kerkstraat se vullis verwyder moet word, en op Woensdae, wanneer Garsstraat se vullis verwyder moet
word, voorkom. Behalwe dat die oop erf nou vol gemors gestrooi word, skep die mans ook ‘n brandgevaar.
“Ek het die munisipaliteit oor die probleem gebel en hulle het vinnig opgetree, maar ongelukkig was die mans
reeds weg toe verkeersbeamptes by die erf aankom,” sê Venter.
Met die Herald se aankoms by die erf was daar ook geen teken meer van die mans nie. Die erf was egter met vullis
bestrooi en verskeie verbrande kolle gras kon duidelik gesien word.
Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit het by navraag gesê dat hulle nie alle asblikke kan oppas nie, en dat inwoners self vir sulke booswigte moet uitkyk.

Die mans wat deur die gemors grawe en die omgewing bemors, maak inwoners woedend.
Die mans wat deur die gemors grawe en
die omgewing bemors, maak inwoners
woedend.

Related Articles

Back to top button