NewsNews

Maak seker jou kind speel nie die speletjie nie

Sosiale media gons behoorlik oor die ma van Johannesburg wat op Facebook ander ouers teen die sogenaamde Blue Whale-speletjie waarsku. Sy vra dat ouers seker sal maak hul kinders speel nie Blue Whale, die selfdoodspeletjie, wat al vir meer as 130 tieners se dood verantwoordelik is nie.

Die speletjie behels dat kwesbare tieners ’n rits take oor 50 dae uitvoer – onder meer gruwelflieks kyk, in die middel van die nag opstaan en hulself skend. Op die 50ste dag word die toegewyde deelnemers aangemoedig om hul eie lewe te neem.

Die stigter van die speletjie, Philipp Boedeikin, is tans agter tralies, maar die speletjie duur egter voort onder ander name soos Wake me up at 04:20, A silent house en A sea of whales.

Angelina Dawidowa (12) het op Kersdag in 2015 na haar dood gespring. Sy het voor haar dood op die gebruikersgroep Wake Me Up at 4.20 aangeteken. Nog ’n slagoffer, die 15-jarige Wilena Piwen, het van die dertiende verdieping van ’n gebou in Oekraïne gespring. Volgens haar klasmaats is sy met snywonde aan haar arms by die skool gesien. Talle ander kinders is ook dood na hulle die speletjie gespeel het.

 

Related Articles

Back to top button