NewsNews

Paws wil 5 000 visse uit die leë Rietspruitdam red

Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) is besig om ‘n projek aan te pak waarvan die omvang tot hul wete die eerste van sy soort sal wees.

Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) is besig om ‘n projek aan te pak waarvan die omvang tot hul wete die eerste van sy soort sal wees.
Hulle wil 5 000 visse uit die Rietspruitdam naby Ventersdorp, wat so te sê leeg is, red deur hulle na die Boskopdam te neem.
Daar is nog duisende visse in die Rietspruitdam wat tans in die bietjie water probeer oorleef.
Sone Engelbrecht van Paws sê sy is verlede jaar deur iemand geskakel wat daagliks 2-3 bakkievragte dooie visse by Rietspruitdam moet wegry.
Paws het daarna besluit om soveel moontlik visse te red. Hulle doen dit in samewerking met Rob Hamman, eienaar van Tangle Wood Nature Estate by Boskopdam.
Die plan is om 5 000 visse op Hamman se eiendom in die Boskopdam vry te laat.
Engelbrecht is in beheer van al die reëlings wat heel waarskynlik in die geskiedenisboeke opgeteken sal word as die grootste van sy soort in die land.
Paws beplan om die verskuiwing van die visse reeds komende Saterdag, 7 Mei te doen aangesien die permit net geldig is tot 9 Mei. Engelbrecht sê alles moet dus in plek wees voor die naweek. Hulle benodig egter nog skenkings en/of vrywilligers.
“Ons wil graag die dag vir die helpers koffie, koeldrank en selfs toebroodjies gee. Enige vervoermiddels en geld om te help met brandstof is ook welkom. Instansies wat kan help, kan Engelbrecht by 071 681 9264 skakel.

Related Articles

Back to top button