NewsNews

Twee Fochville susters sterf onverwags

Twee susters van Fochville is verlede week binne dae na mekaar dood.

Twee susters van Fochville is verlede week binne dae na mekaar dood.

Volgens die verpleegbestuurder van Fochville Hospitaal, me. Annett Venter, het sy die susters, Amelia von Benecke en Maggie Zeeman, vir jare geken voordat hulle by haar kom werk het. Die gesin is sedert 1972 inwoners van Fochville en hul ma, mev. Jean Zeeman het vanaf 1975 tot 2014 in die hospitaal se kombuis gewerk. Al vyf haar dogters het met tye ook by die hospitaal gewerk.

Amelia het vir baie jare as verpleegster gewerk, voordat sy na Potchefstroom verhuis het. Sy het weer die afgelope paar maande by Fochville Hospitaal gewerk. Amelia (43), is op 5 Julie skielik dood. Haar suster, Maggie (45), het ook vir jare by die hospitaal gewerk en het in Venter se kantoor gewerk. Sy het ook met ander take in die gemeenskap gehelp. Sy is op 8 Julie, drie dae na Amelia, skielik dood.

“Sy was baie bekend en was my regterhand in die kantoor. Maggie was baie spesiaal vir my en my gesin,” het Venter Maandag gesê. ‘n Roudiens vir die susters is op 10 Julie deur ds. Johan Brink vanuit die NG Kerk Noord-gemeente in Fochville gehou.

Related Articles

Back to top button