LifestyleLocal news

Gaan kyk hier om pragtige foto’s te sien

Die rondgaande uitstalling gaan in Potchefstroom en Parys te sien wees.

‘n Unieke reisende uitstalling van fotos deur van die beste fotograwe in die land word in Oktober in die Woodlands Country Lodge in Parys, gevolg deur die Snowflake Gallery in Potchefstroom, gehou. Dit vorm deel van ‘n uitstalling wat tot 2026 deur die land sal reis ter herdenking van die 70ste bestaansjaar van die Photographic Society of South Africa (PSSA).

Die 70 afdrukke van 70 fotograwe is met sorg gekies uit die 850 inskrywings wat PSSA lede van oor die land ingeskryf is. Die doel van die uitstalling is om die uiteenlopende vaardighede van lede in ‘n wye verskeidenheid van genres te vertoon. Die inkomste van die fotos wat verkoop word, sal aan die SANParks Honorary Rangers geskenk word.

PSSA is in 1954 gestig omdat die stigterslede geglo het ‘n oorkoepelende verteen-woordigende organisasie is die ideale manier om hoë fotografiese standaarde in die land te bevorder – en die uitstalling toon dat hierdie ideaal verwesenlik is.

Afdrukke deur van die beste Suid-Afrikaanse fotograwe, wat die hoogste moontlike Honneurs titels verwerf het, tot uitstaande werk deur minder ervare lede – selfs ‘n skolier – is gekies vir die uitstalling. ‘n Kwart van die lede wie se fotos gekies is vir die uitstalling kom van klubs in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Sasolburg, die Vrystaat en Suidelike Johannesburg.

Werk deur die wenners en toppresteerders in ‘n jaarlikse kompetisie, genaamd die Impala Trophy, kan ook gesien word. PSSA president Simon Fletcher beskryf dit as “waarskynlik die strafste fotografiese kompetisie in Suid-Afrika, wat strek oor 11 maande en 29 salonne met ‘n potensiaal van 24 beelde per salon, elk met ‘n maksimum van drie aanvaardings.” Om te kan wen, moet die meeste beelde wat jy inskryf aanvaardings of toekennings kry. Meer as 1 000 fotograwe skryf jaarliks in vir die digitale en afdruk-salonne wat deel vorm van di kompetisie in.

Die uitstalling kan van 30 September tot 4 Oktober by die Woodlands Country Lodge in Parys besigtig word en van 9 tot 18 Oktober by the Snowflake Gallery in Potchefstroom. Toegang is gratis en besoekers is welkom. Toegang is gratis en besoekers is welkom.

Die uitstalling in Parys val saam met die PSSA Kongres wat terselfdertyd by dieselfde lokaal gehou word. Almal met ‘n belangstelling in fotografie is welkom om die kongres by te woon, nie alleen PSSA lede nie. Kliek hier om die daaglikse program van lesings en werkswinkels deur kenners op hul gebiede te sien en om te registreer. Daar is ‘n opsie om per dag te registreer indien die volle kongres nie bygewoon kan word nie.

PSSA is in 1954 gestig as ‘n tuiste vir alle Suid-Afrikaanse fotograwe en daar is tans 116 senior en skool klubs in 11 streke by die vereniging geaffilieer, asook meer as 1 100 individuele lede. (Lees meer hier). Van die prestasies en mylpale wat PSSA oor die afgelope 70 jaar bereik het, is:

  • Internasionale erkenning van verskeie lede as die beste in hul klas in die wêreld en PSSA het ‘n internasionale kompetisie agt jaar agtereenvolgend gewen.
  • Verteenwoordiging op van die voorste internasionale fotografiese liggame, bv FIAP (Fédération International  de’l Art Photographique) met verteenwoordiging in 92 lande, en die Photographic Society of America.
  • Bevordering van fotografie onder die jeug met salonne en Kompetisies gemik op skoliere en aanmoediging om deel te neem – en medaljes te wen – in internasionale kompetisies.
  • Die ontwikkeling van die vaardighede van klublede deur beoordelaars op te lei wat kundige en opbouende kommentaar lewer op hul beelde in Kompetisies.
  • Die aanbieding van nasionale en streeks-kongresse waar kenners in bepaalde vakgebiede werkswinkels en lesings aanbied.
• Boat to nowhere deur Johan Brits van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging.
• Magical morning at Etive Mor deur Alta Oosthuizen, die naaswenner van die 2024 digitale Impala trofee.
• Catch me if you can deur Gonnie Myburgh, die wenner van die 2024 Impala trofee vir afdrukke.
• Wave backflip deur Danie Smit van die Sasol Highveld Photography Club.

Related Articles

Back to top button