Local news

Dagbreek wéét van rugby

Laerskool Dagbreek hou weer Carletonville se naam hoog.

Laerskool Dagbreek se spelers én afrigters is dié seisoen besig om op die rugbyveld te presteer.

Vyf van die skool se spelers is in Gauteng Wes streeksspanne opgeneem. Ruan Groenewald (o13), Conrad Wasser-man (o12) asook Johnny Rudolph en RG Mahne, wat altwee in die o10 span is, het dié prestasie behaal.

Elnette Muller het egter gewys dat rugby nie net vir seuns is nie toe sy in die o9 span opgeneem is.

Volgens die skool se woordvoerder, Colene Rudolph, gaan die spelers in September aan ‘n groot toernooi deelneeem waar hulle teen ander streeksspanne gaan meeding.

Intussen is twee van die skool se onderwysers, Pieter Davidtsz en Kobus Stander, ook as die afrigters van onderskeidelik die o11 en o10 Gauteng Wes streeksspanne gekies.

Twee van die skool se onderwysers, Pieter Davidtsz en Kobus Stander, is ook as afrigters van streeksspanne gekies.

Related Articles

Back to top button