Local news

Fochville se skopboksers Vrydag na Hongarye

Ons hou almal vir hulle duim vas!

Twee skopboksers van Fochville en hul afrigter gaan die land se naam hoog hou tydens dié sport se wêreldkampioenskappe.

Jaco Pretorius (12) en Liam van Wyk (8) van die Fochville XKT Skopboksklub is deel van die nasionale span wat van 23 Augustus tot 1 September aan die WAKO (World Association of Kickboxing Organisations) se Wêreld Jeug Skopbokskampioenskappe gaan deelneem. Dié kampioenskap word in Budapest in Hongarye aangebied.

Jaco het vir die nasionale span gekwalifiseer na hy drie eerste plekke tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap ingepalm het. Hy is ook die enigste deelnemer van Suid-Afrika wat met ‘n swaard aan die ‘musical weapon form’ afdeling gaan deelneem. Hy gaan in die younger cadet-afdeling meeding.

Liam het ‘n eerste plek en twee tweede plekke tydens die SA’s verower en was ook die wenner van sy kategorie gewees. Hy gaan aan die kinder-afdeling van die wêreldkampioenskappe deelneem.

Jaco en Liam is albei leerders van Laerskool Fochville.

Intussen is hul afrigter, Shihan Jaco Pretorius ook as ‘n afrigter vir die nasionale span gekies, wat hom weer volle Protea-kleure laat verwerf. Díe drie sterre vlieg reeds Vrydagaand na Hongarye.

Related Articles

Back to top button