LifestyleLocal news

Bekende Lofmark in Fochville weer aan die gang

Die mark gee 'n plek aan kreatiewe inwoners om geld met hul hand- en bakwerk te maak.

Die 13de jaarlikse Lofmark in Fochville het hierdie jaar met groot entoesiasme hervat. Die mark bekend vir sy uitsonderlike kuns en handewerk-items het verskeie uitstallers van regoor die provinsie gelok, wat hulle unieke werk en kreatiewe produkte ten toon gestel het.

Volgens Hannelie Schoonraad, die organiseerder van die Lofmark, het uitstallers van Klerksdorp, Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, en ander stede, hul werk by die mark uitgestal. Schoonraad het gesê dat die deelnemers ‘n wye verskeidenheid van kunswerke, handgemaakte items en kreatiewe produkte aangebied het, wat die Lofmark ‘n belewenis vir die hele gesin maak.

“Ons is opgewonde oor die deelname van soveel talentvolle kunstenaars en ambagsliede,” het Schoonraad gesê. “Elke jaar sien ons hoe die Lofmark groei en verbeter, en dit is te danke aan die harde werk van al ons uitstallers en die ondersteuning van die gemeenskap.”

Die mark het ‘n groot aantal besoekers gelok, wat die kans gegun is om die werk van plaaslike en nasionale kunstenaars te waardeer en te ondersteun. Besoekers het met belangstelling deur die mark gewandel, met baie wat geskenke vir hul geliefdes gekoop het.

Die Lofmark sorg soos altyd ook vir ‘n ekstra pret met eetstalletjies, en ander aktiwiteite wat bygedrae tot die lewendige atmosfeer. Die organiseerders hoop dat die mark steeds ‘n platform sal bied vir kunstenaars om hul werk te demonstreer en die gemeenskap sal inspireer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button