Local newsSport

Gimnaste reg vir groot dinge

Die gimnaste gaan nou na drie jaar reg vir die SAs wees.

Gimnaste van die Losberg Gimnastics Club is hard aan die gang om hulle vir die toekoms voor te berei.

Volgens die klub se hoofafrigter en eienaar van die klub, JJ Strydom, het van die klub se beginners die naweek van 23 en 24 Maart aan ‘n kompetisie by die klub deelgeneem.

“Dit was al ons beginners van Fochville en Carletonville en die gimnaste, ouers en afrigters het dit baie geniet. Dit het hulle baie gemotiveer,” sê Strydom.

Hy sê van die jong gimnaste doen só goed dat hulle volgende jaar aan die sport se nasionale kampioenskap kan deelneem. Dié jong sterre oefen tans twee keer per week, maar gaan teen die einde van die jaar drie keer per week begin oefen.

“Dit het ons voorheen vier jaar geneem om die gimnaste reg te kry vir die SA’s, maar ons het met ‘n nuwe program begin waarmee ons dié wat wil, in drie jaar op nasionale standaard kan kry,” sê Strydom.

Die klub het tans meer as 100 gimnaste.

Die ster beginner meisies gimnaste wat volgende jaar aan die SA’s gaan deelneem, is Miche van Rooyen, Marizaan Coetzee, Emma Kirsten, Lanica Human en Siena Visagie. By hulle is die klub se eienaar en hoofafrigter, JJ Strydom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button