Local newsSport

Fochville se skopboksers presteer

Fochville se skopboksers staan vir niemand terug nie.

Lede van die Fochville Skopboksklub het onlangs tydens verskeie kompetisies presteer.

Volgens die klub se afrigter, Shihan Jaco Pretorius, is verskeie van die klub se vegters na afloop van proewe vir die Gauteng Wes skopboksspan gekies. Hulle moes hierna aan die Gauteng kampioenskap deelneem.
“Tydens die Gauteng Kampioenskap het die Fochville skopboksers uitstekend gevaar! Daar was in verskeie afdelings deelgeneem soos semi kontak, ligte kontak, ligte been-skop kontak, volle kontak, K1 kontak en musiek wapen forms,” sê Pretorius.

Die klub se skopboksers het altesaam 38 plekke behaal, waarvan 22 eerste plekke, sewe tweede plekke en nege derde plekke was.

Verskeie van dié sterre het ook kwalifiseer om aan die SA Kampioenskap deel te neem.

Dié byeenkoms word einde April by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom Kampus gehou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button