Local newsSport

Ratels se stoeiers stap met medaljes weg

Hierdie jong sterre van Carletonville staan vir niemand terug nie.

Lede van die Ratels Stoeiklub het onlangs tydens twee groot kompetisies presteer.

Die jong stoeiers het die afgelope twee weke tydens die Frank Joubert Ope op 2 Maart en die Ekurhuleni Ope op 24 Februarie medaljes ingepalm.

“Albei toernooie is in Pretoria gehou met meer as 300 stoeiers wat ingeskryf was,” sê ‘n woordvoerder van die klub, Mariska Snyman.

Die jong stoeiers het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en verskeie het goue medaljes huis toe gebring. Johnny Rudolph en Tiaan Smuts het elk ‘n goue- en silwer medalje ingepalm.

Tristan Erasmus, Heinrich van Niekerk en Zander Esterhuizen het elkeen ook goue medaljes teruggebring.

MJ Armitage, Keegan Erasmus, Jayden Vorster en James Pienaar het elk ‘n silwer medalje verower.

JC Nel, Tiaan de Wet, Adriaan van Zyl en Reghardt van Niekerk het ook medaljes vir hul deelname aan die kragmetings ontvang.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button