Local newsSport

Video: Kragoptellers bult hul spiere tydens groot kompetisie in Fochville

Hierdie manne en vroue het gewys hoe lig mens soveel as 315 kg op 'n slag.

Kragoptellers van regoor die land het Saterdag tydens ‘n groot kompetisie op Fochville hul staal gewys.

Volgens Hannie Smith was die byeenkoms, die North West Classic Kragoptel Kampioenskap, ‘n kwalifiseerder vir die sport se nasionale kampioenskap. Dié kampioenskap gaan van 4 tot 7 April in die Elgro Hotel in Potchefstroom gehou word.

Die bekende Smith is ‘n Fochviller wat nie net sy naam as ‘n nasionale kragopteller gemaak het nie, maar wat ook reeds vir jare op dié sport se wêreld bestuursliggaam, die International Powerlifting Federation (IPF) as die voorsitter van hul tegniese komitee dien.

Gian Havemann (Gauteng) en Joaquim Geraldes (Vrystaat) het die dag se swaarste gewig in die hurksit (squat) kategorie van 260 kg elk gelig. Havemann het ook die dag se swaarste gewig van 315 kg in die “deadlift” afdeling opgetel. John Crain (Gauteng) die dag se swaarste gewig van 180 kg in die “bench press” afdeling gelig.

Kyk hier hoe een van die deelnemers tydens die hurksit kategorie sy staal wys:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button