Local newsSport

Gimnaste leer meer in die nuwe jaar

Terwyl die meeste ander inwoners nog verlede week week gerus het, het gimnaste van die Losberg Gymnastics klub hul vaardighede verbeter.

Volgens die klub se eienaar, JJ Strydom, het lede van 6 tot 8 Januarie by die Matsport gimnastieksentrum in Pretoria en die Centurion gimnastieksentrum verskeie kursusse bygewoon.

Die gimnaste het meer oor anatomie, biomeganika, fisiologie en sielkunde en hoe om gimnaste gesond te hou geleer. Hulle het die voorreg gehad om van die klasse van die voormalige wêreld en Europese kampioen, die Brit Joe Fraser en sy olimpiese afrigter, Lee Woolls, te kon bywoon.

“Ons gimnaste wat saamgegaan het, is sommer baie opgewonde oor die nuwe jaar en kan nie wag om op 15 Januarie weer te begin oefen nie. Ons as afrigters het ook só baie geleer en kan nie wag om dit in ons klasse toe te pas nie,” sê Strydom.

Die klub gaan ook op 20 Januarie van 10:00 tot 14:00 ‘n opedag by die Gracepoint Kerk in Vredestraat in Fochville hou. Belangstellendes kan Strydom by 081 727 8488 skakel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button