Local newsSport
Jaguars reg vir 2024
Die MCR Jaguars rugbyklub het reeds vir die komende seisoen begin oefen en belangstellendes is welkom om aan te sluit.
Ons area se eie rugbyklub, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars is reeds besig om hul vir 2024 voor te berei.
Die klub se oefeninge vir die nuwe jaar het Dinsdag, 28 November begin. Spelers kan elke Dinsdag en Donderdag by die Gert van Rensburg-stadion in Fochville bymekaar kom om hulle vir die komende seisoen voor te berei.
Die oefening begin om 18:00 en alle belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Voornemende spelers wat meer wil weet, kan Simoné Harman by 062 462 2764 kontak.
You can read the full story on our App. Download it here.