LifestyleLocal news

Die Vrou Op Die Dak beloof om gehore te boei by Aardklop

René Niewoudt (Je-ani Swiegelaar) is op die punt om alles te verloor. In ’n oomblik van impulsiewe waansinnigheid besluit sy om bo-op die dak van haar huis te klim.

“Die Vrou Op Die Dak” is ’n vertoning/teks uit die pen van Germandt Geldenhuys & Je-ani Swiegelaar (Guyselaar Produksies) en is beslis ‘n produksie wat nie misgeloop kan word nie.

Die titel is alreeds aangrypend en belowe definitief iets interessant met die talentvolle Swiegelaar in hierdie solostuk.

Hierdie selfde span is verantwoordelik vir die uiters suksesvolle keelVOL, wat in 2019 by Aardklop gedebuteer het.

René Niewoudt (Je-ani Swiegelaar) is op die punt om alles te verloor.

In ’n oomblik van impulsiewe waansinnigheid besluit sy om bo-op die dak van haar huis te klim. Daardie einste huis waar sy haar hele getroude lewe al bly, die huis waar sy en haar man nesgeskop het, waar hulle hul kinders grootgemaak het… Wat het haar besiel?

Van hier bo af dink sy oor haar lewe, haar liefde, haar huwelik, haar kinders, en die algehele redes vir haar bestaan. Sy baklei met bure, omstanders, selfs die klompie mense wat rondom die huis begin vergader. Hoe lank kan sy daar bo bly? Sy is self nie seker nie. Een ding weet sy vir seker: Hier is waar sy haar man (of altans vrou) gaan moet staan.

Van hier bo af lyk die wêreld heel anders.

En wie weet? Miskien kan hierdie uitkyk vir haar ’n nuwe uitkyk gee.

Je-ani Swiegelaar speel in “Die vrou op die dak” by Aardklop.

Met: Je-ani Swiegelaar

Teks: Germandt Geldenhuys, geskoei op ’n konsep van Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar

Regie en beligtingsontwerp: Germandt Geldenhuys

Stelontwerp: Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar

Verhoogbestuur: Rehbart Geldenhuys

Vervaardiger: Guyselaar Produksies

Genre: Tragikomedie

Taal: Afrikaans

Tydsduur: 80 min.

Gradering: Geen o.13 (T)

Venue: Gimmies

Datum en tyd: 4 Okt. 09:30, 6 Okt. 09:30, 7 Okt. 16:30, 7 Okt. 20:00

Kaartjies: R150, R130 (Aardklop Hartsvriende)

Kaartjieverkope is reeds oop.

Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

Momentum Beleggings Aardklop

3-8 Oktober, Potchefstroom

Webblad: www.aardklop.co.za

Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees

Instagram: @aardklopkunstefees

Twitter: @AardklopFees

Related Articles

Back to top button