Laaste dag vir matriekrok van die jaar-inskrywings
Meisies het nog net tot vanmiddag om 16:00 kans om vir die Herald se matriekrok van die jaar-kompetisie in te skryf.
Meisies het nog net tot vanmiddag om 16:00 kans om vir die Herald se matriekrok van die jaar-kompetisie in te skryf.
Dit gaan gaan vanjaar groter as ooit wees en gaan weer saam met Soli-Deo Venue op Carletonville gehou word. Die finaal gaan ook weer by Soli-Deo aangebied word.
Anders as in die verlede waar daar geen onderskeid was nie, gaan daar vanjaar afdelings – vir ontwerpers-, gekoopte- en tuisgemaakte rokke wees. Die finaal sal op Vrydag, 24 November, gehou word.
Meisies wat wil deelneem, moet vollyf foto’s van hulle in hul rokke, saam met hul naam, die naam van hul skool en ‘n aanduiding van óf hul ontwerp, gekoop of self gemaak is, na adele.louw@mooivaalmedia.co.za stuur. Stembriefies kan tot Donderdag, 16 November om 16:00 by die Herald se kantoor ingehandig word.
Deelnemers kan met ‘n verskeidenheid pryse, waaronder kontantpryse, handsakke, nael- en hare bewyse, geskenkpakke en koopbewyse vir brandstof en nog baie meer wegstap.