Photo GalleriesSport

Gemengde welslae vir Wits Wes

Wes Wits Rugbyklub se spanne het die afgelope naweek gemengde welslae in wedstryde teen die Khosa rugbyklub van Krugersdorp gehad.

Wes Wits Rugbyklub se spanne het die afgelope naweek gemengde welslae in wedstryde teen die Khosa rugbyklub van Krugersdorp gehad. Die wedstryde is op Wes Wits se tuisveld gespeel. Khosa se o/20’s het as gevolg van probleme met hul bus laat gekom. Dit het veroorsaak dat die eerste spanne se wedstryd eerste gespeel is. Wes Wits se Eerstes moes ongelukkig na ‘n harde stryd teen Khosa met ‘n telling van 0 – 26 die aftog blaas. Die o/20’s het egter op hul beurt die punte ingeryg en hul wedstryd met ‘n reuse telling van 61 – 0 gewen. Ryno Matthee en Wynand Redelinghuys het elk drie drieë gedruk, met Tshepo Thibedi wat ook met twee drieë geslaag het. Etienne Kruger, Gordon Labuschagne en Gerbrand Smith het ook elk ‘n drie gedruk. Arno van der Hoff het drie van die drieë verdoel. Intussen speel Wes Wits Saterdag hul laaste ligawedstryde van die seisoen op hul tuisvelde. Dit sal teen die sterk en fisiese spanne van die Harlequins-klub van Krugersdorp beslis word. Volgens dié klub se voorsitter, Barney de Koker, gaan die Tweedes om 14:40 uitdraf, terwyl die hoogtepunt van die dag om 16:00 gaan aanbreek wanneer die Eerstes Harlequins gaan aandurf.
“Ons nooi alle inwoners uit om die tuisspanne te kom ondersteun. Daar sal ook ‘n kontantkroeg, lekker kos en vure beskikbaar wees vir dié wat braai,” het De Koker Dinsdag aan die Herald gesê. Hy het bygevoeg dat die klub eers aan die einde van die komende naweek se kragmetings sal sien of hulle na verdere uitspeelwedstryde gaan deurdring

Related Articles

Back to top button