Local newsNews

Geliefde egpaar van Carletonville oorlede

Baie mense in Carletonville en Fochville het hulle geken.

‘n Geliefde egpaar van die Carletonville- en Fochville-omgewing is die afgelope naweek in ‘n motorongeluk oorlede.

Ockie Venter en sy vrou, Martie, is eergister (Sondag 13 Oktober) net na 17:00 dood na ‘n vragmotor by die ingang na Fochville voor hul bakkie ingedraai het.

“Ockie en Martie was ons sterkte en trots. Hulle is sterk gemaak deur die krag van die Magtige God, deur die Herder, die Bekermer. Hulle het baie mense gehelp. Ockie en Martie was seen vir almal. Mag vrede op hul koppe rus,” het hul seun, Martin, vroeër vanmiddag aan die Herald gesê.

Baie mense in Carletonville en Fochville het hulle vir jare geken en onthou veral vir Martie oor haar vriendelikheid en vrolike lag.

Hul begrafnis sal op 21 Oktober om 11:00 uit die AGS Kerk by 14 Bloukransstraat in Carletonville gehou word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button