Local newsSport

Pantherz rugby wen wéér

Hulle is tans ons omgewing se enigste rugbyspan.

Die Pantherz vroue-rugbyspan van Fochville het verlede naweek gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Dié span, wat ook ons omgewing se enigste rugbyspan is, het op 19 September aan die Nasionale Kampioenskappe in Mosselbaai gaan deelneem.

Volgens een van hul afrigters, Wiekes Coetzer, het die span kragte gemeet met hul groot teenstanders, die Alberton Madeliefies.

“Dit was ‘n lekker harde game. Die weer was mooi. Die Madeliefies was net 10 spelers. Die twee spanne het ooreengestem om sewes te speel. Die girls kon dit op die einde deur trek et en het hul wedstryd gewen.”

Coetzer voeg by dat hy en die span se ander afrigter, Peet Bekker, baie trots is op die span. Behalwe dat die Pantherz as wenners uit die stryd getree het, was hulle ook die enigste span wat hul eie pompom-meisie gehad.

Die span het reeds Maandag weer begin oefen om hulle vir volgende jaar se nasionale kompetisie in Nelspruit voor te berei. Die span is ook hard opsoek na borge vir die komende jaar.

Hulle oefen Maandae en Woensdae om 17:30 by Laerskool Losberg in Fochville. Belangstellendes kan Wiekes kontak op 083 957 3230 of Ronel op 076 799 0435.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button