Twee jong gimnaste van die Losberg Gymnastics gimnastiekklub het medaljes tydens dié sport se nasionale kampioenskap ingepalm.
Die klub se hoofafrigter en eienaar, JJ Strydom, sê die klub se lede het uitstekend presteer tydens die Gym Games 2024, wat van 19 tot 29 September in Kaapstad gehou is.
Die SA’s is in die militêre sportkompleks in Wynberg en die Wes-Kaapse Sportskool in Kuilsrivier aangebied.
Altesaam 3 200 gimnaste van regoor Suid-Afrika het tydens die byeenkoms teen mekaar meegeding.
Twee van die klub se lede het medaljes ingepalm. Derian Lamprecht (11) het ‘n derde plek op die high bar gewen, terwyl Kiano Rossouw (14) ook ‘n derde plek op die vloer gewen het.
Intussen is een van die klub se afrigters, Wayne Strydom, ook gekies om as gimnastiek afrigter by die Universiteit van Pretoria te gaan werk.