Local newsSport

Fochville se Pantherz is vuur en vlam

Hulle is hierdie seisoen ons omgewing se enigste rugbyspan.

Ons omgewing se eie vroue rugbyspan, die Pantherz, is reg om hul staal tydens die nasioanle kampioenskap in die Wes-Kaap te gaan wys.

Die span het die afgelope paar maande hard by Laerskool Losberg geoefen en het ook aan
verskeie kompetisies, onder meer teen die Alberton Madeliefies, deelgeneem om
hulle vir die groot kragmeting voor te berei.

Hulle word deur Wiekies Coetzer en Peet Bekker afgerig.

“Oor 17 dae dan ry ons Mosselbaai toe. Die Pantherz dames sê hulle is reg vir die Madeliefies.

“Hulle wil gaan om te wen en dit baie te geniet en wil ook die toer gebruik om voor te
berei vir volgende jaar,” het Coetzer Dinsdag aan die Herald gesê.

Behalwe dat die Pantherz die eerste vroue rugbyspan van ons omgewing is wat al só ver kon deurdring, is hulle dié seisoen die enigste rugbyspan wat ons omgewing verteenwoordig.

Die span het ook die verskeie besighede en inwoners van die omgewing wat die span
se klere en verblyf geborg het, bedank.

Related Articles

Back to top button