Local newsSport

Pretdraf ‘n reuse sukses

Oud en jonk kon litte gaan losmaak.

Die pretdraf wat die afgelope Vrydag in Fochville gehou is, was ‘n reuse sukses.

Die pretdraf is gehou as deel van die Fochville NG Kerk Noordgemeente se jaarlikse familiefees, wat ook as die Famfest bekend staan.

Die roete het oor 5km gestrek in die omgewing van die kerk op die hoek van Kraalkop- en Eerstestraat.

Dit was die eerste keer dat die kerk ‘n pretdraf as deel van hul jaarlikse basaar aangebied het.

Petrus Mofokeng was eerste oor die wenstreep.

Petrus en verskeie ander deelnemers het met pryse wat deur besighede van die omgewing
geborg is, weggestap.

Volgens een van die organiseerders, Charlmarié PechéKroeze, het die pretdraf altesaam
998 inskrywings gelok.

“Ons is baie tevrede en gaan dit weer volgende jaar doen,” sê sy.

‘n Lugfoto van die pretdraf se wegspring.
Petrus Mofokeng was eerste oor
die wenstreep.

Related Articles

Back to top button